Aborsie

Indien jy self n ervaring met aborsie gehad het, of iemand ken wat wel het- onthou dat aborsie nie die onvergeeflike sonde is nie. Die Here Jesus se arms is wyd oop vir jou, soos vir elke ander mens. Ons moet egter weet hoe om in die heersende kultuur daaroor te dink. 

Ek sien gister n advertensie van n spesialis dokter by n bekende privaat hospitaal wat (skaamteloos) adverteer dat hy aborsies doen tot op 21 weke gestasie. “Mediese sowel as chirurgiese” aborsies teen “mediese fonds tariewe”.

Hierdie is hoe n baba op 21 weke in die uterus lyk:

 

Dit maak nie saak met watter mooi woorde mens dit probeer verbloem nie- om opsetlik die lewe van n onskuldige mens te neem, is moord. n Ongebore baba is geensins minder mens, as n baba wat reeds gebore is nie. Dit is ironies, dat wanneer daardie selfde baba reeds gebore is, dokters veg om daardie lewe’tjie te red. Die feit dat die baba nog in utero is, beteken nie dat daardie baba minder mens is nie.

Hierdie is n onderwerp waarop ons móét kan antwoord. Dit is nie slegs n Amerikaanse saak nie. Dit is iets wat ons eie gemeenskappe raak.

In onderstaande 30 minuut video gee Sean McDowell n baie maklike manier om hierop te antwoord:

YOU can defend life- Our value is determined by the fact that we are human, and made in the image of God.

-the unborn is alive

-the unborn is human

-the unborn is seperate from the mother

Dit is logies dat wanneer n samelewing hul bewussyn van wie God is verloor, hulle die waarde van die mens ook verloor. Dít is hoekom ons deesdae sit met aborsie op aanvraag, as kontrasepsie, sowel as geassisteerde selfdood.  Dit is óns mandaat om die samelewing te herinner dat elke lewe dieselfde waarde voor God het, omdat ons die beeld draers van God is.

Vanuit die staanspoor het Christene opgestaan teen praktyke in die antieke wêreld, en veral die Romeinse Ryk, wat hul ekwivalent van aborsie was. Dit was algemene praktyk om ongewensde babatjies “in die strate uit te gooi” om om te kom, deur wilde diere opgeeet te word, of om in mensehandel strome opgeneem te word (sg “infanticide”, vergelyk met die engelse woord “suicide”). Ons kan ons nie hierdie praktyke indink nie, maar terselfdertyd kan mense nie sien dat dit presies dieselfde is as wat nou in die aborsie-op-aanvraag kwessie aangaan nie. Dit was die Christene wat hierteen opgestaan het en die babatjies gered het- die begin van kinderhuise. Volgens Google en Wikipedia:

Infant Exposure in the Roman World

Wikipedia: As Christianity gained a foothold in the Roman empire, Christians became known for rescuing exposed infants and raising them.[13] Later, starting with Constantine the Great, Christian emperors began to implement reforms which eventually led to the end of the practice of infant exposure. https://en.wikipedia.org/wiki/Exposure_(infant)

 

Aborsie is nie n manier om jou uit n moeilike situasie te kry nie. Dit is die neem van die lewe van n mens wat in God se beeld gemaak is. Soms moet daar gekies word tussen die lewe van die baba en die lewe van die moeder, en dit is n ander situasie. Ek is dankbaar dat ek nooit daardie besluit moes neem nie. Maar aborsie as n metode van kontrasepsie (dit is waarop dit neerkom) of n manier om van n ongewensde swangerskap ontslae te raak is n ander saak. Daar is baie wat mens verder kan sê oor hoe vroue in moeilike situasies gehelp kan word. Maar dit is n leuen dat jy net “gou kan inkom vir n prosedure teen mediese fonds tariewe” en dat dit net n klomp selle is wat verwyder gaan word.

YOU can defend life- Dr Sean Mcdowell:

https://youtu.be/3J_cZN3ZZZo?si=bCWf5VopuBnagsBj

 

Similar Posts