HJnA Hoe weet ons die ander gelowe is nie reg nie?

 Hoe weet ons die ander is nie ook almal reg nie? Hoe weet ons alle paaie lei nie na dieselfde plek nie?

Die antwoord op hierdie vraag is in kort:

-OMNISME is die wêreldbeskouing dat alle gelowe na dieselfde god lei.

-Die verskillende gelowe is egter uitermate uiteenlopend in wat hulle glo.

-Dit is dus onlogies dat al die gelowe die waarheid kan wees. Die verskillende gelowe glo radikaal verskillende goed rakende ooreenstemmende aspekte. 

-X kan nie op die selfde tyd ook non-X wees nie.

-Dus kan al die verskillende gelowe nie almal waar wees nie

-Die wetenskap en geskiedenis gee ons genoeg gronde om te glo dat dít wat Christene glo, die waarheid is.

Die langer antwoord is gebasseer op artikel IS IT HATEFUL TO SAY JESUS IS THE ONLY WAY, Cross Examined.org, blog 29 Maart 2023, geskryf deur Ryan Leasure. https://crossexamined.org/is-it-hateful-to-say-jesus-is-the-only-way/

Charles Templeton sê in ‘Farewell to God”: 

Christians are a small minority in the world. Approximately four out of every five people on the earth believe in gods other than the Christian God. The more than five billion people who live on earth revere or worship more than three hundred gods. If one includes the animist or tribal gods, the number rises to more than three thousand. Are we to believe that only Christians are right?’

Dit is n goeie vraag.

Hoe kan ons so arrogant wees, om te dink, dat net ons reg is, uit al hierdie biljoene mense?

Hierdie is die grondslag van OMNISME- die geloof dat alle godsdienste in essensie na dieselfde God lei. Bv, wanneer mense sê dat die God van Christene, dieselfde is as die god van die moslems.

Post Modernisme sê sat absolute waarheid nie bestaan nie. Dit word verteenwoordig deur stellings wat ons in die bree kultuur en op sosiale media raakloop, soos ‘Live your truth’, en ‘what is true for ME’, en ‘own your truth’. Kan ons dan nog sê dat ons die Waarheid kan ken? Ja! Moet ons ophou glo dat Jesus die enigste Weg na God is? Vir twee redes, nee!

Eerstens, hierdie wêreldbeskouing, skiet homself in die voet. In Engels kan ons sê, dit is self-defeating. Dit verslaan homself. Want, teenstrydige  goed kan nie op dieselfde tyd waar wees nie.

Tweedens, godsdienstige omnisme neem nie wetenskaplike en geskiedkundige faktore in ag nie.

  1. Godsdienstige omnisme is self-defeating.

Ter illustrasie kan mens die storie van die 5 blindes en die olifant vertel:

Daar was vyf blindes wat n olifant in n veld aangetref het. Die eerste blinde, gryp die olifant se stert, en sê: “O, dit is n tou.”

Die tweede blinde raak aan die olifant se been, en sê, “Nee, dit is n boom.”

Die derde blinde voel die slurp, en sê, “Nee, dit is n slang.”

Die vierde blinde raak aan die olifant se tand en sê, “Dit is n spies.”

Die laaste blinde raak aan die olifant se sy, en sê, “dit is n muur.”

Omnisme sê ons is soos die blindes. Elke blinde, dink hy weet wat hy voel, maar hulle is eintlik almal verkeerd.  Elke wêreldbeskouing  dink, dat hy die korrekte uitkyk het, maar op die einde word hulle almal om die bos gelei. Omnisme sê verder dat alle gelowe basies dieselfde is, en na dieselfde eindbestemming lei. Hulle glo, alle paaie lei na Rome. Of, alle gelowe lei na God. 

Alle gelowe kan nie ewe waar wees nie. Onthou, ons is besig met die vraag: HOE WEET ONS DAT DIE ANDER NIE OOK ALMAL REG IS NIE?

Omniste hou daarvan om te sê, dat alle gelowe basies dieselfde glo.

Niks kan verder van die waarheid wees nie.

Kom ons stel ondersoek in:

Kom ons vergelyk, wat die verskeie hoofstroom gelowe glo oor die aard van God (the NATURE of God):

-Hinduisme glo  in duisende of miljoene gode wat EEN is met die skepping

-Buddisme aanbid nie n god nie (alhoewel hulle baie spiritueel is)

-New Age glo dat elke persoon die godheid IN HOMSELF het

-Islam glo in een god, Allah, wat die skepping transendeer, maw buite die skepping is

-Judaisme glo in n transendente God, nl YAHWEH

-Christelike geloof  glo in n Drie-enige God, wat transendent is, maar aktief betrokke by Sy skepping

Kom ons vergelyk ook, wat elke geloof glo oor Jesus:

-Hinduisme, Buddisme en New Age glo dat Hy n wyse en morele leermeester was.

-Islam glo dat Hy n profeet was, maar nie God nie, en glo nie dat Hy gekruisig is nie.

-Judaisme glo dat Hy n valse profeet was wat baie mense mislei het, en dat Hy

 gekruisig is omdat Hy God gelaster het.   

-Christene glo dat Jesus self God was, dat Hy gekruisig is, en uit die dood opgestaan het.

Deur slegs na die bogenoemde twee vergelykings te kyk, kan mens duidelik sien, dat die verskeie hoofstroom gelowe, glad niks met mekaar in gemeen het nie. 

Plus, elkeen van die gelowe se aannames, kan nie terselfdertyd waar wees nie. Bv, God kan nie op een slag EEN wees met die skepping (Hinduisme), maar ook terselfdertyd APART (Christelike geloof, Islam en Judaisme) van die skepping wees ne. God kan  nie op dieselfde tyd DRIE-ENIG wees (Christenskap), terwyl Hy ook NIE- DRIE-ENIG is nie (Hinduisme, Budisme, New Age, Islam en Judaisme).

This would violate the Law of Non-contradiction which teaches that a thing cannot be both A and non-A at the same time.

A kan nie op dieselfde tyd ook nie-A wees nie. Dit is onlogies.

Om te impliseer dat alle gelowe waar kan wees aangaande die natuur van God, is dus nie gehoorsaam aan een van die fundamentele wette van logika nie.

Dit is dus ONLOGIES, om te sê dat al hierdie gelowe na dieselfde God lei. HULLE GLO GLAD NIE DIESELFDE NIE.

Dit is een ding om te sê dat al die gelowe nie op dieselfde tyd waar kan wees nie; dit is iets anders om te sê dat n spesifieke ene reg is ten koste van die ander.

Hiervoor, kyk ons na die wetenskap en geskiedenis.

  1. Godsdienstige Omnisme neem nie die wetenskap en geskiedenis in ag nie.

Alhoewel dit nie in die kultuur of in die media verkondig word nie, is daar sterk wetenskaplike en geskiedkundige redes om te glo dat die Christelike geloof waar is.

DIE WETENSKAP: As ‘n voorbeeld: aangaande die oorsprong van die heelal…moderne wetenskaplikes het vir lank daarvan gehou om te verkondig dat die heelal nie n begin gehad het nie. M.a.w. dat die heelal nog altyd bestaan het, wat sou beteken dat dit nie nodig was, dat daar n God moes wees, wat dit geskep het nie.

Altans, totdat Albert Einstein en Edwin Hubble bewys het dat daar inderdaad n BEGIN was. If there was a BEGINNING, there had to be a BEGINNER. Die skepping moes n SKEPPER gehad het. Dit is n baie belangrike beginsel. 

All the scientific data suggests that space, time and matter all came into existence simultaneously a finite time ago. Meaning the cause of the universe must be spaceless, timeless and immaterial.

Hierdie pas perfek in met die Christelike geloof dat, in die begin, God die hemel en die aarde geskep het. ‘N God wat apart is van Sy skepping.

In teenstelling hiermee, glo Hindu’s dat god een is met die heelal; en Budiste glo in n ewige, sikliese heelal.

Die wetenskap laat ons dus met die drie mono-deistiese gelowe, nl die Christelike geloof, Judaisme, en Islam.

Wanneer ons dan die geskiedenis beoordeel, en spesifiek die geskiedkundige figuur van Jesus Christus, kan ons tot net een gevolgtrekking kom.

GESKIEDENIS: 

Die feit dat Jesus aan n romeinse kruis gesterf het, word deur etlike nie-Bybelse bronne bevestig.

https://renew.org/the-historical-evidence-for-the-death-burial-and-resurrection-of-jesus-evidence-for-easter-part-3/

Selfs skeptiese historici soos John Dominic Crossan erken: “Jesus’ death by crucifiction under Pontius Pilate  is as sure as anything historical can ever be.”

In teenstelling ontken Islam dat Jesus as gekruisigde gesterf het. Die enigste twee alternatiewe, wat dan die wetenskap sowel as geskiedenis in ag neem, is Judaisme, en die Christelike geloof. 

Die volgende vraag is dan, het Jesus werklik uit die dood opgestaan? 

Indien Hy uit die dood opgestaan het, beteken dit, dat dit wat in die Bybel geleer word, en die Christelike geloof, die WAARHEID is. 

Daar is verskeie redes om te glo dat Jesus wel uit die dood opgestaan het. Ons het in meer diepte hierna gekyk in Het Jy n Antwoord #1. Die twee argumente wat in Ryan Leasure se artikel verskyn is:

  1. Die feit dat vroue die eerste ooggetuies was. Vroue is nie as betroubare getuies gesien nie. Indien die apostels die opstanding opgemaak het, sou hulle waarskynlik  nie vroue as hul eerste getuies gebruik het nie
  2. Al die apostels is doodgemaak vir dit wat hulle geglo en verkondig het. Die kans dat hulle ALMAL te midde van erge vervolging as martelare gesterf het, bevestig dat hulle waarskynlik die waarheid gepraat het. Onthou: dit is een ding om te sterf vir iets wat jy GLO waar is, maar wat eintlik vals is, soos Moslem selfmoord-bom-aanvallers. Dit is iets anders om te sterf, as jy WEET dit is n leuen. Die dissipels sou nie almal bereid gewees het om te sterf vir iets wat hulle GEWEET het nie waar was nie. 

As ons dus al die bogenoemde in ag neem, nl 

-dat die verskeie gelowe almal teenstrydig is, en nie dieselfde glo nie

-en dat dit dus onmoontlik is dat hulle almal waar is

-en as ons kyk na die getuienis van die wetenskap, en die geskiedenis

-is dit die mees waarskynlike dat dit Christelike geloof die WAARHEID is.

Ons moet altyd onthou:

Ons doel is nie noodwendig om die mees geharde skeptici te oorreed nie. Dit is die Heilige Gees se werk. Ons doel is, om self staande te bly in ons geloof, en om die rondom ons toe te rus om staande te bly. En dan moet ons mense VERTEL van verlossing deur Christus.. 

Deur na al hierdie dinge te kyk, en hieroor te DINK en te besef, dat almal nie op dieselfde tyd reg kan wees nie, en dit dan logies te beredeneer, kan ons sien dat daar genoeg gronde is, om te kan weet, dat dit wat ons glo die WAARHEID is.

Jesus sê: “ Ek is die Weg, die Waarheid en die Lewe. Niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.”

 

Similar Posts