HJnA Is die Bybel korrek aan ons oorgedra/ “Can I trust the Bible”?

The Bible is the world’s longest game of telephone
The Bible is a copy of a copy of a copy of a copy
Daar is vertalingsfoute in die Bybel
Verskillende vertalings sê verskillende goed
Mense het besluit watter boeke om in die Bybel te sit, om hul eie doel te pas
As jy hierdie stellings nog nie gehoor het nie, sal jy nog, indien jy ooit praat met mense wat nie dieselfde as jy glo nie. Dit is baie intimiderend wanneer iemand dit vir jou sê. Hoe moet ons hierop antwoord? Meer belangrik nog, hoe kan ons self glo dat die Bybel betroubaar is?
Hier volg drie uitstekende hulpmiddels. Wesley Huff is n “biblical scholar” wat spesialiseer in die kritiek en beoordeling van antieke geskrifte, en hom daarvoor beywer om mense te wys dat ons geloof n historiese fondasie het wat nagespeur kan word, en ook dat ons met vertroue kan glo dat die Bybel wat ons nou het korrek vertaal en oorgedra is.
-n Preek/praatjie oor “The claim that the Bible was corrupted” – ignoreer die irriterende AI stem aan die begin en einde
https://www.youtube.com/watch?v=WX31qs_6m2o&t=15s
-Wes het n reeks vervaardig met die titel “Can I trust the Bible?”, wat n wonderlike hulpmiddel is. Daar is tans twee episodes beskikbaar, die derde episode word binnekort vrygestel.
https://www.youtube.com/watch?v=QhVPBNBAGY0
-Kort video oor die “council of Nicea”. Mense beweer dat dit hier was waar besluit is watter boeke in die Bybel sou wees
https://www.instagram.com/reel/DW2rBfwDA3d/?igsh=ZmdrMGg0MDVnZDBv
Daar is soveel bewyse uit die geskiedenis, argeologie, en uit manuskripte dat dit wat ons glo die waarheid is. Uiteindelik, help dit egter nie as jy net met jou verstand weet dat dit die waarheid is nie. Jy moet ook met jou hart glo dat die Een van Wie al hierdie dinge getuig, die ware Heer en Meester van ons almal, en ook van elkeen individueel, is. Sy naam is Jesus Christus, en elke knie sal voor Hom buig.
Volg die skakel as jy hierdie in PDF formaat wil aflaai
https://docs.google.com/document/d/1w7YT8m9U5GA_5uY-jh9zEBgQt23QJL609LKAJBvpWEA/edit?usp=sharing