HJnA Is “geloof” om iets te glo waarvoor daar nie bewyse is nie?

Ek het n paar jaar gelede in n teater teekamer gesit met die boek EVIDENCE THAT DEMANDS A VERDICT, van Josh McDowell. Dit is een van die bekende apologetic boeke van ons tyd. (apologetics = being able to give a reasoned defence/explanation of what you believe). n Chirurg loop toe daar in, en nadat ek oor my eie woorde geval het om te probeer verduidelik waaroor die boek gaan, sê hy toe: “Well I guess they call it faith because there is no evidence for it.” Hy lees seker vir Dawkins. Gelukkig dink ek hy was toe op pad uit, en dit was die einde van die gesprek. Ongelukkig…Want ek sal nou soveel meer kan sê.
Maar voordat ons by geloof kom, kom ons praat eers oor hoop. Dit is interessant, dat wanneer mens kyk na die vers wat sekerlik die bekendste apologetic vers in die Bybel is, mens die volgende sien: 1Petrus 3:15 “(wees) altyd gereed om julle te verantwoord (om n antwoord te gee) teenoor elkeen wat van julle rekenskap eis oor die hoop wat in julle leef.”
Always be ready to give a reason for the hope that is within you.
Always be ready to give a reason… As mens na Petrus se brief gaan kyk, sien ons dat dit geskryf is in die konteks van lyding, en swaarkry. In híérdie konteks sê Petrus: wees altyd gereed om n antwoord te gee wanneer iemand jou vra oor die hoop wat jy (te midde van swaarkry) het.
Hoekom sal mense jou vra oor die hoop wat jy het? Dit moet tog wees, omdat dit iets is wat hulle opval. En ons kan dan sekerlik aflei, dat hulle self nie daardie hoop het nie.
Terug na apologetics: een van die kragtigste getuienisse wat ons kan gee oor dit wat ons glo, is die hoop wat ons in swaarkry het, en n getransformeerde lewe. Our lives should be the most effective apologetic- hierdie hoop wat ons onderskei van die wêreld rondom ons.
Maar, wat is hierdie hoop dan eintlik? Genesing? Beskerming? Voorspoed? Seën? n Gelukkige lewe? M.a.w. wat presies is ons verwagting? Verwagting is belangrik. Want as ons iets verwag, en dit nie ontvang, kan dit potensiëel ons geloof laat skipbreuk ly.
Jakobus sê: julle het nie, omdat julle nie bid nie; en as julle wel vra, is dit met die verkeerde motiewe (Jak 4:2-3). So..hoekom vra ons, en wat vra ons? Wat is ons motief?
Wat is ons verwagting?
Wat is ons hoop?
Paulus skryf aan die Kolossense (1:3-5) “Ons dank God… as ons vir julle bid, omdat ons gehoor het van julle geloof in Christus Jesus en jul liefde tot al die heiliges, vanweë die HOOP wat vir julle weggelê is in die hemele, waarvan julle vroeër gehoor het deur die woord van die waarheid van die evangelie”….Ons HOOP is op dit wat in die hemel weggelê is. Ons het hiervan (dit wat weggelê is) gehoor deur die evangelie, die goeie nuus van Jesus. Dít is dus ons hoop: wat Jesus vir ons gedoen het; die feit dat ons n erfdeel in die hemel het, v12, nl die verlossing uit die mag van die duisternis; en dat Hy ons oorgebring het in die koninkryk van Sy Seun, in wie ons verlossing het, die vergifnis van sonde. DIT is ons hoop. Ons erfdeel wat in die hemel vir ons wag. Ons verlossing van sonde. Ons ingang in die Koninkryk.
Ons hoop het te doen met ons saligheid. Nie met dit wat op hierdie aarde is nie.
Dus, as ons dit terug bring na Petrus: hierdie is die hoop wat ons deur lyding en swaarkry kan dra. Ons hoop op dit wat in die hemel vir ons wag. Met daardie hoop kan ons swaarkry in die gesig staar, en verklaar: dood, waar is jou angel? Ons hoop is die ewige lewe. Nie noodwendig dit wat ons vra vir ons aardse bestaan nie..
Dit is interessant om te merk, dat Petrus nie sê: wees gereed om n antwoord te gee vir jou geloof nie. So dikwels voel ons dat ons ons geloof moet kan “verdedig” of verduidelik. Maar Petrus sê: jy moet oor jou hoop kan getuig; oor dit wat jou onderskei van díe wat nie hoop het nie.
Geloof, en hoop…hoe pas dit in mekaar? Wat sê die Woord oor hierdie twee? Hebreërs 11 is die groot “hall of fame” van geloof. Al die geloofshelde word hier opgenoem. Ai, om tog die geloof van Abel, Noag, Abraham of Sarah te hê…v6 sê dan selfs, dat dit onmoontlik is om God sonder geloof te behaag. Geloof, soos verwagting, is dus baie belangrik.
Interessant genoeg, vind ons ook in die oploop tot hierdie groot geloofs hoofstuk, die konsep van swaarkry; swaarkry wat verduur word, omdat ons n “better and lasting posession” het, nl ons hoop op dit wat weggelê is in die hemel.
Hebr 10:38 sê die regverdige sal deur geloof lewe (“we are of those who believe and by faith preserve the soul”)… faith/geloof in die Bybelse sin gaan oor “behoud van die lewe” v39. Die New King James vertaling sê “the saving of the soul”.
Ons geloof gaan oor ons verlossing, nie oor dit wat ons op die aarde het of kan kry nie.
Die hedendaagse wêreld en veral bekende ateïste soos Richard Dawkins, het in ons kollektiewe wese die saadjie gesaai dat “faith is believing something for which there is no evidence”. Dit is dalk waarvan die chirurg daardie dag gepraat het. Geloof is volgens hom iets vir mense wat dinge aanvaar waarvoor daar geen bewyse is nie. En hierdie opvatting laat ons dom voel wanneer ons gekonfronteer word deur mense wat daarop uit is om ons geloof te verkleineer.
Maar.. dít is nie wat Bybelse geloof is nie. Die Griekse woord vir geloof, “pistis” kan vertaal word as “vertroue” of “getrouheid”, “trust” en “confidence”. Hebr 11:1 sal dan lees: VERTROUE (m.a.w. die vertroue wat ons in God het), is die sekerheid van dinge wat gehoop word, n bewys van wat nie gesien word nie.
As ons vertroue het in ons verlossing en seker is van dit waarop ons hoop, wat nie gesien word nie, maar in die hemel weggelê word, dan het ons Bybelse geloof.
Bybelse geloof is n vertroue dat dit wat ons hoop, (die ewige lewe en verlossing van sondes) seker en geloofwaardig is. Ons het nie blinde geloof, blind faith, wat glo sonder bewys nie; ons het n vaste vertroue dat dit waarop ons hoop, vir ons in die hemel bewaar word, en ons kan daardie vertroue hê, eerstens omdat Jesus uit die dood opgestaan het (n gesprek op sy eie), en verder omdat ons in ons swaarkry, ervaar dat Hy werklik IS, en ook met ons is. Daarom het ons hoop, sowel as geloof.
Die probleem is dus nie met ons “geloof” nie, maar meer met wat die ongelowige wêreld en mense soos Dawkins van hierdie woord gemaak het. Deur die eeue heen het Christene nie gesukkel met die konsep van geloof nie; dit is n post Renaissance, post moderne probleem wat o.a. deur die sg “new atheists” van die 90s en vroeë 2000s geskep is. In elk geval, die mense wat n probleem het met “suffering- how can a good God allow suffering”, is gewoonlik óngelowiges, wat níe hierdie hoop het nie.
n Laaste woord oor evidence.
Die kollega wat vir my gesê het “they call it faith because there is no evidence for it”…. ek wens ek kon hom weer raakloop. Dan sou ek kon praat oor die hoop wat ek het. Maar, ek sou ook vir hom vra, of hy glo dat Julius Caesar gelewe het? Want mense glo dít en baie ander goed, agv dieselfde tipe evidence wat daar is vir die bestaan van Jesus. Die evidence vir Jesus, is net VEEL MEER OORWELDIGEND! Miskien kan ons n volgende keer meer hieroor praat.
Laat ons dus met vaste vertroue (geloof) ons oë vestig op Jesus, “die Leidsman en Voleinder van die geloof, Hy wat ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig gestel is (die hoop wat Hy gehad het op dit wat in die hemel vir Hom opgelê was), die kruis verduur het, die skande daarvan gering geag het, en sy plek aan die regterkant van die troon van God ingeneem het.”
Hebreërs 12:2 “Ons is immers verlos in hoop. Maar die hoop wat gesien kan word, dit is nie regtig hoop nie; want wie hoop nog op wat ‘n mens reeds kan sien? Maar as ons hoop op dit wat ons nie sien nie, dan wag ons daarop met volharding.”
Romeine 8:24-25 AFR20
Ons hoop op dit wat ons nie sien nie. Op dit wat in die hemel weggelê is. Dáárop wag ons met volharding.
Vir n skakel na n google doc, indien jy hierdie in n pdf wil aflaai volg:
https://docs.google.com/document/d/1QfS9SBVk88v4eA54BrU3gjSTMRnbcfEGDiSNwQk_xqQ/edit?usp=sharing