HJnA Wat van die Moslems en die wat nooit van Jesus hoor nie?

Screenshot

HOE KAN GOD IEMAND HEL TOE STUUR WAT NOG NIE VAN HOM GEHOOR HET NIE.

n Baie algemene beswaar teen ons geloof..

John Lennox gee in hierfie kort video 👇👇perspektief op hierdie vraag.

T.o.v. dĂ­e wat van Hom gehoor het maar nie in Hom glo nie, verwys hy na CS Lewis wat sĂȘ: “There are only two kinds of people in the end: Those who say to God, ‘Thy will be done,’ and those to whom God says, ‘Thy will be done.'”
God dwing ons nie om in Hom te glo nie, Hy gee ons dit wat ons kies.

T.o.v. dĂ­e wat gebore word as Moslems, Hindu’s, ens, en nooit van Jesus hoor nie, is Lennox se antwoord dat God n regverdige Regter is, en ons beoordeel volgens dit wat ons weet- nie volgens dit wat ons nĂ­e weet nie.
Hy gebruik Abraham as voorbeeld, sowel as Jesus se woorde in Joh9:41 waar Hy vir die FariseĂ«rs sĂȘ: “As julle blind was, sou julle geen sonde hĂȘ nie, maar nou sĂȘ julle, ‘Ons sien.’ Daarom bly julle in julle sonde.” Ook Joh 15:22 ““As Ek nie gekom en met hulle gepraat het nie, sou hulle nie sonde gehad het nie; maar nou het hulle nie ‘n verskoning vir hulle sonde nie.”
‭‭Verder sien ons in Romeine 2 dat God oordeelkundig en regverdig oordeel.

Die vraag is nie: wat van die Moslems wat nog nooit van Hom gehoor het nie, maar eerder, wat het ék gedoen met dit wat ek wel van Hom geweet het.
‭‭
Alhoewel hierdie ons dalk steeds met onbeantwoorde vrae laat, kan ons steeds glo dat God n regverdige Regter is wat die wĂȘreld liefhet, en nie wil hĂȘ dat iemand verlore moet gaan nie.

John Lennox:


https://youtu.be/zT04pR_2_S0?si=rQ1qXwo-siYFUZvi

Similar Posts